Hou Wellington Skoon

Posted by on September 15, 2010 in Community Projects, Keep Wellington Clean, Lions Projects | 0 comments

Hou Wellington Skoon

Die Lions van Wellington benodig u hulp

Die Lions van Wellington werk nou saam met die Korrektiewe Dienste en Munisipaliteit om elke 2de Saterdag (as die weer dit toelaat) die ingange van ons dorp skoon te maak. Daar word gemiddeld 80-90 sakke rommel elke keer opgetêl deur die manne wat Gemeenskapsdiens moet verrig. Ons beste poging was so 2 maande terug toe daar 129 sakke Rommel opgetel is. Ons het agtergekom dat die meeste van die manne kom werk sonder dat hulle die oggend iets ge-eet het, so ons probeer so 10h00 se kant vir hulle iets warm (in die winter) of koud (in somer) te gee.

hou-wellington-skoonDie reaksie op ons vorige versoek om hulp was so positief dat ons vir ongeveer 7 maande die skoonmakers van eetgoed kon voorsien maar ons het nou weer u hulp nodig.

Indien iemand kans sien om broodjies/sop/koeldrank te skenk, kontak asb die Wellington Lions Klub.

Help ons om Wellington skoon te hou!

Wellington Lions

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *