Proviant Restaurant

Baie dankie aan die Proviant Restaurant vir hul ondersteuning van ons Kospakkie projek! Mark & Marian Maingard se donasie van 150 x 2kg hoederpakke is tot dusvêr die grootste enkele donasie ten bate van hierdie projek en die donasie gaan verseker ‘n groot verskil maak aan die hulp wat die Wellington Lions hierdie Desember aan ons gemeenskap kan verleen.
Baie van ons Lions het al weggelê aan die Proviant Restaurant se fantastiese tradisionele geregte en ons kan die ervaring sterk aanbeveel! Hier is die besonderhede vir die wat hulself wil beloon met goeie kos en ‘n warm plaas atmosfeer:
Proviant Kaapse Tafel en Spens
Adres: 54 – 56 Main Road, Paarl
Tel: 021 863 0949
E-pos: chef@proviant.co.za
Recent Comments