Geselsprogram met Dave Pepler en Kie
![Geselsprogram met Dave Pepler en Kie](https://wellingtonlions.co.za/wp-content/uploads/2014/10/dave-pepler-featured-203x203.jpg)
Kom kuier lekker saam met Dave Pepler, Johan Rademan en Jurgens Schoeman tydens ‘n gesellige geselsprogram aangebied deur die Wellington Lions Club, in samewerking met Live The Journey.
Vir Suid Afrikaanse gehore het Dave Pepler, die gewilde radio- en TV persoonlikheid, geen bekendstelling nodig nie. Dave is seker een van Suid Afrika se mees geliefde en bekende natuurkenners. Sy passie vir natuurbewaring, sy breë kennis van die wêreld rondom ons en sy gemaklike, spitsfondige geselstrant maak dit ‘n belewenis om in sy geselskap te wees.
Moenie hierdie geleentheid misloop nie!
Waar: Wellington Stadsaal
Wanneer: 26 November 2014
Tyd: 19h30
Koste: R150 p/p
Ligte verversings sal voorsien word. Wyn sal te koop wees, bring gerus u eie glase.
Recent Comments